Aletta Catharina Smit

ALETTA CATHARINA SMIT was eers getroud met Jacobus Erasmus Smit (algemeen bekend as Koos Prospect). Hy was haar neef en 'n broer van Willem Abraham en Aletta Johanna Smit wat respektiewelik met Catharina Sophia en Jacobus Albertus getroud was. Jacobus Erasmus is op 21.3.1890 op Florida oorlede en Aletta Catharina is toe met Izak David du Plessis getroud.

Hulle het altesame elf kinders gehad waarvan net onderstaande groot geword het. Dis hier ook 'n geval waar net ‘n paar van 'n groot huisgesin oorgebly het nadat 'n groot aantal weens koors, witseerkeel, ens. oorlede is.

Groot tante Catharina se geslag wat die naam “Smit” het, is feitlik uitgesterf. Daar is net een kleinseun van Daniel Petrus 5.d. en een seun van Rowan Smit 5.a.5.b.1 wat die naam kan voortdra. Daar is van haar nageslag wat beweer dat die introuery van neef en niggie 'n nadelige gevolg op die nageslag het. Ek kon egter geen getuienis vind dat daar mane geestelike of liggaamlike gebreke voorgekom het as gevolg hiervan nie. In teendeel die meeste van die afstammelinge van die drie pare neefs en niggies wat met mekaar getroud was, was uitstaande bo die gemiddelde.

Hulle volwasse kinders was:

5.a.         Stephanus Albertus (Faan Afarm) 9.10.1861.
5.b.         Andries Petrus, 12.8.1867. vermoedelik gedood in n dinamiet ongeluk op Roodepoort.
5.c.         Aletta Catharina. 9. 1.1873. X Tobias Johannes Louw.
5.d.         Daniel Petrus, 5.6.1880. Prokureur op Brandfort.

Die volgende is die afstammelinge:

5.a.         Stephanus Albertus X Susanna Helena Coetzer.

“Faan Afarm" soos hy bekend was, het sy arm op die diamant myne op Kimberley verloor. en het daarna na Johannesburg verhuis. Hy het een van die eerste Afrikaanssprekende stadsraadlede van Johannesburg geword en Smitstraat in Johan­nesburg is na hom vernoem. Sy vrou was n suster 'an Tant Alie Coetzer, die bekende vroedvrou op Burgersdorp.

Hy het eers transport gery vanaf Burgersdorp na Kimberley. 'n Paar jaar later met die ontdekking van goud op die Wit­watersrand trek hy in 1889 na Florida waar hy drie jaar lank geboer het. Daarna het hy by die spoorwee aangesluit as geregsdienaar en na bevordering tot sersant is hy verplaas na die Johannesburg polisie en word hy bevorder tot sersantmajoor en toe die Anglo Boere Oorlog uitbreek was hy waarnemende hoof van die speurdiens in Pretoria.

Hy sluit met sy twaalfjarige seun by die Boeremagte aan. Na 'n slag by Komatipoort waar baie burgers oorgegee het. weier hy en sy seun en agt ander burgers om oor te gee en word oor die grens na Portugese gebied gedwing. Die Portu­gese het hulle gevange geneem. vervoer na Portugal en in gevangenis gehou by Debara.

Na die oorlog keer hy terug en word n vennoot 'an n steenkoolsaak. In 1904 begin hy aktief aan die politiek deelneem as 'n ondersteuner van Het Volk Party onder Generaal Louis Botha. In 1908 word hy verkies tot die Johannesburgse Stadsraad as lid vir Vrededorp. Die setel het hy gehou vir tien jaar en gedurende hierdie tydperk was hy ook lid van die Provinsiale Raad van Transvaal waaruit hy moes bedank weens swak gesondheid.

In 1922 word hy weer verkies tot die stadsraad en hy het sy setel behou tot sy afsterwe.

Hy het bedank uit die S.A. Party in 1914 en by die Arbeidersparty aangesluit en was genomineer as kandidaat vir Kroonstad maar is by die stembus verslaan. Later is hy veer terug ­na die S.A. Party maar sluit in 1922 aan by die Nasionale Party.

'n Skerpsinnige sakeman, bemin deur sy kiesers, het hy nooit 'n kans misgeloop om verbetering van die lot van die werklose te bepleit nie. Ook was hy een van die sterkste voorstanders van die Afrikaanse taal in die Raad en het aangedring op die teenwoordigheid van 'n tolk in die Raad.

Die nakomelinge van Faan Afarm was:

5.a.1.       Aletta Catharina, 1889. X Laurentius Auristo Theodore van Niekerk (ses kinders).

 

5.a.1.a.

Justus Laurentius van Niekerk X  Thora Evelyn Greyling.

 

5.a.1.b.

Doreen van Niekerk X Lionel Van As Rae.

 

5.a.1.c.

Stephanus Albertus van Niekerk X Lillian Supple.

 

5.a.1.d.

Melt van Niekerk X Rhoda Bowles.

 

5.a.1.e.

Dirk Daniel van Niekerk X Terry Wells.

 

5.a.1.f.

Susanna Helena van Niekerk X Stephanus Alexander Smit.

5.a.2.      Susanna Helena, 1892. X Edgar Hall (een kind).

 

5.a.2.a.

Audrey Hall X B. Lansing.

5.a.3.      Johanna Frederica 1894. X Henry Hewson (een kind).

 

5.a.3.a.

Susanna Helena X Jack Pratt.

5.a.4.      Jacobus Erasmus Smit X Mabel Bonthuys (twee kinders).

 

5.a.4.a.

Estelle X Esterhuizen.

 

5.a.4.b.

Stephanie X Grove.

5.a.5.       Stephanus Albertus X Anna Margaretha Butler (drie kinders).

 

5.a.5.a.

Stephanus Albertus X Elize Oberholster (twee kinders).

 

 

5.a.5.a.1.

Leona.

 

 

5.a.5.a.2.

Teresa.

 

5.a.5.b.

Wilhelm Frederik X Phillis Dobie (drie kinders).

 

 

5.a.5.b.1.

Rowan X Van Rooyen (twee kinders).

 

 

5.a.5.b.1.a.

William Frederik.

 

 

5.a.5.b.1.b.

Ann Margeret Mona.

 

 

5.a.5.b.2.

Desiree X Robinson.

 

 

5.a.5.b.3.

Brenda X Minnaar

 

5.a.5.c.

Lorna X Hendrik Christoffel Grobler.

5.a.6.      Daniel Petrus, 1903 X Onbekend (twee kinders).

 

5.a.6.a.

Stephanus Albertus X Naude.

 

5.a.6.b.

Alida X Paul Bruyns.

5.a.7.      Alida Smit, 1905. X Jack West Neave (twee kinders).

 

5.a.7.a.

Audrey Neave X William Golden.

 

5.a.7.b.

Curtis Neave X Gene Black.

5.d.         Daniel Petrus, 5.6.1880, oorlede Junie. 1937. X Susanna Lasea Kruger, 23.3.1884.  Daniel Petrus is vernoem na sy vader se swaer oom Daantjie van den Heever. Hy was innemend van geaardheid en allemans vriend en 'n getroue kerkganger en van christelike wandel. Hy was dertig jaar lank prokureur, eers op Koffiefontein en toe vyftien jaar op Brandfort. Hy is op Venterstad begrawe (drie kinders).

 

5.d.1.

Hester 21.11.1908. X Saul Johannes van Vuuren. Sy is die bekende Hettie Smit, skryfster van Sy Kom met die Sekelmaan. Hulle woon nou op Pretoria (twee kinders).

 

 

5.d.1.a.

Daniel Petrus, 25.8.1941. X Linda Heukelman.

 

 

5.d.1.b.

Schalk, 19.2.1945.

 

5.d.2.

 

Romela Unice 5.3.1912. Ongetroud en woon by haar moeder op Brandfort.

 

5.d.3.

 

Hendrik Bernadus. 29.1.1921. X Gloria Dolores Anderson (drie kinders).

 

 

5.d.3.a.

Linda Ann 12.4.1950.

 

 

5.d.3.b.

Daniel Petrus, 8.3.1952.

 

 

5.d.3.c.

Wendy Susan. 25.10.1958.