Martha Christina Smit

MARTHA CHRISTINA SMIT die derde kind van oupagrootjie Stephanus Albertus is op 26.12.1836 gebore en is seker jonk oorlede want al besonderhede wat ek van haar kon opspoor is haar dooprekord. Sy was na haar ouma Martha Christina Smit vernoem.


Johanna Maria Smit

JOHANNA MARIA SMIT, gebore 16.7.1838, was die vierde kind van oupagrootjie Stephanus Albertus. Sy is op die ouderdom van agtien jaar en 21 dae op 5.8.1856 oorlede.

Sy was getroud met Gert Adriaan van den Heever en hulle het op die plaas Doornkloof, distrik Albert (Burgersdorp) gewoon. Uit die huwelik is een kind gebore:

4. a.  Petrus Johannes van den Heever. gebore 15.1.1854 en oorlede 17.7.1883. Hy was getroud met Susara Johanna van den Heever. (Sy was gebore van den Heever.) Hu1le het een kind gehad.

4. a.1. Petrus Johannes van den Heever